Kleuterzone Fochville het nog altyd net goed na ons kleine lyf gekyk! Die personeel is altyd vriendelik en behulpsaam – ek dink ons poppelop verkies haar juffrou bo haar ma! Ek kan met ‘n eerlike hart sê hulle is ingesteld op elke individu – hulle fokus op elke klein kindjie se behoeftes en neem elke individu se persoonlikheid in ag. Hulle stimuleer die kinders op soveel verskillende vlakke – van begin kruip of loop tot kuns vaardighede en ontwikkeling van hulle persoonlikheid

Ek kan elke oggend my kind met ‘n geruste hart by die skool aflaai en weet daar word met baie liefde na haar gekyk en sy word versorg.

Hulle Christelike waardes straal deur! Dit is min wat mens nog ‘n skool kry waar die Christelike waardes en normes wat ons vir ons kind by die huis leer, by die skool ook toegepas word.

Die skool is altyd netjies en skoon. Ons weet verseker dat dit higiënies is en dat dit gereeld gesaniteer word – veral in die tye waarin ons nou leef. Hulle streef daarna om sover soos wat hulle kan die omgewing vir die kinders in te rig wat vir hulle voordelig is. Of dit nuwe skopfietsies is vir die kinders of ‘n speel area vir die baba klas – die personeel neem altyd die kinders eerste in ag.

Ek kan beslis Kleuterzone vir enige mamma en pappa aanbeveel!