Welkom by Kleuterzone Fochville
Chantell Oosthuizen
Hoof
Brief uit DIE Hoof se pen:
My naam is Chantell Oosthuizen, dis vir my ‘n groot voorreg om skoolhoof te wees van KleuterZone Fochville.
Ek is gebore en het groot geword in Fochville. My passie en liefde vir kinders kom al my hele lewe met my saam. Kinders vul mens se harte met liefde en het onvoorwaardelik lief.
In 2020 begin ek die pad saam KleuterZone stap as die Beertjie Juffrou in die 1-2 jaar klas. 2021 word ek aangestel as onderhoof by Kleuterzone. 2022 is ek die Juffrou by die Sterre klas (Pre Graad R) 4-5 jaar. En in 2023 word ek aangestel as skoolhoof.
Die is ‘n kort opsomming van as jy die liefde wat ‘n kleuters jou gee en die passie vir wat jy doen, vat sal dit jou hoë hoogtes laat bereik.
Dis vir my baie belangrik dat elke kleuter hier by kleuterZone Fochville se fondasie stewig gelê word, sodat hulle daardie fondasie as hul riglyn vir hul toekoms kan gebruik, dat die kleuter ontwikkel en presteer tot die beste van hulle eie vermoëns. Elke kleuter moet weet hoe uniek God hulle gemaak het, en wat ook al hul aanpak in hul lewe, hulle dit met God aan hul sy kan doen met vertroue en sonder vrees.
Ons skool se visie:
Ons is ‘n Christelike skool wat daagliks ons beginsels uitleef. Hier by KleuterZone Fochville is elke kleuter uniek, spesiaal en geliefd. Ons skool se personeel loop oor van liefde vir elke kleuter, hulle is puik en ervare en hulle plaas die kleuters se belange bo alles.
Ons weet dat ‘n skool nie kan funksioneer as die ouers nie deel uitmaak van die suksesresep nie. Daarom is dit vir ons van die allerhoogste belang om ‘n hartlike en positiewe venootskap tussen KleuterZone en die ouers te hê.
Ons skool se waardes:
Vir KleuterZone is gesonde waardes ‘n prioriteit omdat dit ‘n kleuter se toekoms rig, en iets is wat ons met trots uitleef en voorhou aan ons Kleuters.
– Respek en liefde
– Gesonde dissipline
– Selfdissipline
– Eerlikheid
– Vriendelikheid
– Opregtheid
– Deursettingsvermoë
KleuterZone Kleuterskool se Leuse:
“WAAR DROME BEGIN”
Karaktereienskappe
K-euses, elke keuse het ‘n uitkoms, jy bepaal dit self.
L-iefde vir Jesus en almal om ons.
E-mpatie, om te probeer om mekaar te verstaan en te ondersteun.
U-niek, om te weet dat Jesus elkeen van ons anders gemaak het.
T-rots, wees trots op jou werk, wie jy is en hoe jy ander behandel.
E-erlikheid, om leuens te vertel maak Jesus se hart seer.
R-ykdom van Jesus, dit wat jy gaan kry as jy volgens Sy wil leef.
Z-iljoene, stel ziljoene doelwitte en werk hard. Hier droom ons groot.
O-mgee vir almal om ons, wees daar vir mekaar.
N-ederigheid, wees dankbaar vir alles wat jy het.
E-ntoesiasme is waarmee ons alles aanpak.